Help my kies!
Dag vriende, familie en slapelose internet surfers van regoor die wêreld!
Ek wil weer ‘n paar Afrikaanse demotiveerders op my blog gooi. Die voriges het blykbaar ‘n paar mense laat lag. Daarvoor is ek innig jammer, en belowe om dit nie weer te probeer doen nie.
Ek het nou ‘n paar aan die gang, maar kon nie besluit watter een van die om te gebruik nie.
Los vir my ‘n kommentaartjie, en laat weet my watter een jy verkies, dan sal ek dit oor ‘n dag of 3 saam met die ander opsit.
As jy egter dink nr’s 1-3 is almal ewe sleg, kies nommer 4, en laat weet ons wat JY daarop sou sit…
Aaaand . . GO!
