Tag Archives: Afrikaans

Feature: Christoph Kotze

12 Apr

Christoph Kotze se musiek praat met jou as mens. Sy lirieke is insiggewend, sy diverse skryfstyl is uniek. Elke liedjie skets ‘n prentjie waarmee jy jouself kan assosieer. Dit neem jou op ‘n reis deur jou eie emosies, sonder om te verval in ‘n eentonige geteem. Van sy diep sielsoekende balades soos “Jasmyn Katryn”, tot die harder rock klanke van die jeugdige “17″ is daar vir almal die geleentheid om saam met hom sy liefde vir musiek, liefde en die lewe te ervaar.Sy lewendige optredes is egter meer as net musiek. Dit is ‘n vars vorm van ware Suid Afrikaanse vermaak. Of jy dus aleen in jou huis met ‘n glas rooiwyn sit, of by een van sy optredes met ‘n bier en baie vriende, is Christoph Kotze se musiek presies wat jy nodig het.

Christoph is ewe bedrewe in Afrikaans EN Engels. Dit is hierdie diversiteit wat verseker het dat hy op ‘n verskeidenheid TV programme verskyn het. Onder ander was hy al op KykNET, Glitterati, DKNT, MK (Live) en Jukebox. Verder het hy al sy verskeining gemaak in etlike van ons land se prominente gedrukte media (Vrouekeer, Huisgenoot, Beeld, JIP, Rapport Tydskrif, Die Burger en Volksblad). Sy musiek word gereeld gespeel op radio stasies soos 94.7 Highveld Stereo, OFM, MFM, KFM, Radio Houtstok and Oosrand Stereo.

Twee albums het al verskyn uit Christoph se pen uit. Die eerste, “Sprokie Suid Afrika” is in 2006 opgeneem, en her-vrygestel in 2009. Sy nuutste album “17″, het einde 2010 die lig gesien. Dit is met dié album wat Christoph homself werklik gevestig het as ‘n kunstenaar om mee rekening te hou.
Elke kunstenaar het ‘n unieke agtergrond. Christoph se musikale reis het op skool begin terwyl hy in die koshuis was by Afrikaanse Hoër Seunsskool in Pretoria. Kort na hy begin kitaar speel het, het sy natuurlike skryftalent na vore gekom. In Graad 11 het hy die eerste lied van sy debuut album geskryf.In 2005, terwyl hy sy matriek klaargemaak het, het Christoph die semi-finale rondte gehaal in die ATKV Crecendo liedjieskryf kompetisie. Gedurende hierdie tyd het hy ook die geleentheid gekry om “Sprokie Suid AFrika” op te neem.

In 2009 het Christoph die top 50 finaliste gehaal in die Suid Afrikaanse Idols kompetisie. Aardvark Records het hom hier raakgesien, en hom die geleentheid gebied om “Sprokie Suid Afrika” oor op te neem en weer vry te stel. Kort voor lank het hy op ‘n landswye toer vertek om op te tree saam met die befaamde kunstenaar Jan Blohm.
2010 was ‘n groot jaar vir Christoph. Nie net het hy, soos reeds genoem, sy tweede album vrygestel nie, maar sy landswye optredes het net meer en meer aandag begin geniet. Hy het onder andere saam met Jan Blohm ‘n musikale produksie genaamd Psalms vir ‘n Digter op die planke gebring.

Vir enige verder inligting oor Christoph, en om meer van hom te leer ken, volg gerus die skakels:

 

Afrikaanse Demotivators

21 Jan demotiveerders helpende hand

Gedink die goed kom net in Engels?

Wel, nie meer nie… Ter viering van my weeklikse Afrikaanse blogpost, het ek ‘n paar lame postertjies gemaak. As jy dink jy kan beter, doen dit, en stuur dit na my toe :)

Verder vier ek ook www.zoem.co.za

Afrikaanse Dag

7 Jan

Afrikaans is volgens my een van die mees agtergeblewe fasette op die internet.

Ek sê nou nie dat ons moet begin om rekenaar terme en online lingo heeltemal in Afrikaans te vertaal en dit eerder as die Engels te gebruik nie. Genade nee, dit klink te dom. Webwerf. Komaan, nie eers met ‘n hoedjie en diploma in die hand kan webwerf slim klink nie.  ’nuff said.

 

Wat ek wel glo, is dat daar ‘n wremelende, amper underground, Afrikaanse beweging op die net is wat begin om sy kop uit te steek. Tot onlangs toe nog was dit net pretensieuse Afrikaanse taalkundige webwerwe wat hul stempel hard en kalvinisties op die net neergedruk het. Al 15 besoekers aan die sites, was ook net so eng soos diegene wat dit beheer het.

 

Twee sites (en ja, ek weier om te praat van werwe) wat wel reeds die afgelope paar jaar hul ding doen in Afrikaans, is die super snaakse skok-blog www.WatKykJy.co.za en die dig/skryfkuns gesentreerde www.WOES.co.za

WatKykJy is die skurwe maatjie waarvan jou ma nie regtig hou nie, maar jy kuier altyd lekker saam met hom. Dis hy wat dop gebring het na jou sussie se 5de verjaarsdag partytjie toe, en op skool het hy daai ander magazines pouse agter die paviljoene vir jou gewys in ruil vir sigarette of wiskunde huiswerk. Al bad hy nie ELKE dag nie, is hy tog daai vriend wat net homself is, en hy gaan nie sy rug op jou draai om die ryk maatjies te impress nie.

WOES, op die ander kant, is jou nefie van Waterkloof af. Hy hou van kuns en kultuur netsoveel as van rugby en rooiwyn. By jou 21st het hy opgestaan om ‘n speech te gee, al was hy nie gevra nie. Maar dit was cool, want hy weet net wat om te sê. Ten spyte van sy ryk ouers, is hy ‘n plat op die aarde outjie, en kuier saam met enigiemand wat bereid is om saam met hom en sy ietwat meer verwaande vriende uit te hang.

Die twee sites is geheel en al twee wêrelde uitmekaar uit, maar het wel twee dinge in gemeen:

  • Hul is Afrikaans, en steek dit nie weg nie.
  • Dit gaan nooit gebeur dat ALMAL ooit van hul altwee hou nie.

Ek het besluit om een keer per week my blog in Afrikaans te doen. Ek is lief vir die taal. Ek glo Afrikaans is in ‘n ongelooflike groei-fase van sy bestaan. Die tyd wat die regering vir ons besluit het hoe ons taal mag klink, is lank reeds verby. Dis nou ons, die prates van die taal, wat daai besluit neem!

Nou… Wie sê Afrikaans is dood? Jammer meneer ek het my les geleer! [Fokofpolisiekar - Antibiotika]