Feature: Christoph Kotze

12 Apr

Christoph Kotze se musiek praat met jou as mens. Sy lirieke is insiggewend, sy diverse skryfstyl is uniek. Elke liedjie skets ‘n prentjie waarmee jy jouself kan assosieer. Dit neem jou op ‘n reis deur jou eie emosies, sonder om te verval in ‘n eentonige geteem. Van sy diep sielsoekende balades soos “Jasmyn Katryn”, tot die harder rock klanke van die jeugdige “17” is daar vir almal die geleentheid om saam met hom sy liefde vir musiek, liefde en die lewe te ervaar.Sy lewendige optredes is egter meer as net musiek. Dit is ‘n vars vorm van ware Suid Afrikaanse vermaak. Of jy dus aleen in jou huis met ‘n glas rooiwyn sit, of by een van sy optredes met ‘n bier en baie vriende, is Christoph Kotze se musiek presies wat jy nodig het.

Christoph is ewe bedrewe in Afrikaans EN Engels. Dit is hierdie diversiteit wat verseker het dat hy op ‘n verskeidenheid TV programme verskyn het. Onder ander was hy al op KykNET, Glitterati, DKNT, MK (Live) en Jukebox. Verder het hy al sy verskeining gemaak in etlike van ons land se prominente gedrukte media (Vrouekeer, Huisgenoot, Beeld, JIP, Rapport Tydskrif, Die Burger en Volksblad). Sy musiek word gereeld gespeel op radio stasies soos 94.7 Highveld Stereo, OFM, MFM, KFM, Radio Houtstok and Oosrand Stereo.

Twee albums het al verskyn uit Christoph se pen uit. Die eerste, “Sprokie Suid Afrika” is in 2006 opgeneem, en her-vrygestel in 2009. Sy nuutste album “17”, het einde 2010 die lig gesien. Dit is met dié album wat Christoph homself werklik gevestig het as ‘n kunstenaar om mee rekening te hou.
Elke kunstenaar het ‘n unieke agtergrond. Christoph se musikale reis het op skool begin terwyl hy in die koshuis was by Afrikaanse Hoër Seunsskool in Pretoria. Kort na hy begin kitaar speel het, het sy natuurlike skryftalent na vore gekom. In Graad 11 het hy die eerste lied van sy debuut album geskryf.In 2005, terwyl hy sy matriek klaargemaak het, het Christoph die semi-finale rondte gehaal in die ATKV Crecendo liedjieskryf kompetisie. Gedurende hierdie tyd het hy ook die geleentheid gekry om “Sprokie Suid AFrika” op te neem.

In 2009 het Christoph die top 50 finaliste gehaal in die Suid Afrikaanse Idols kompetisie. Aardvark Records het hom hier raakgesien, en hom die geleentheid gebied om “Sprokie Suid Afrika” oor op te neem en weer vry te stel. Kort voor lank het hy op ‘n landswye toer vertek om op te tree saam met die befaamde kunstenaar Jan Blohm.
2010 was ‘n groot jaar vir Christoph. Nie net het hy, soos reeds genoem, sy tweede album vrygestel nie, maar sy landswye optredes het net meer en meer aandag begin geniet. Hy het onder andere saam met Jan Blohm ‘n musikale produksie genaamd Psalms vir ‘n Digter op die planke gebring.

Vir enige verder inligting oor Christoph, en om meer van hom te leer ken, volg gerus die skakels:

 

2 Responses to “Feature: Christoph Kotze”

  1. Mari Greenlief 13 April 2011 at 16:16 #

    I know this if off topic but I’m seeing into starting my own blog and was absorbing what all is required to get setup? I’m assuming having a blog like yours would cost a pretty penny? I’m not very web savvy so I’m not 100% certain. Any suggestions or advice would be greatly appreciated. Many thanks

    • BaasDeBeer 14 April 2011 at 09:40 #

      Hi There!
      Nope, my blog as it is now, is 100% free… Simply register on http://www.wordpress.com, choose a template to work on, and the rest is kinda self-explanatory….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: