Sokkie Treffers en Musiek

24 Apr

Ek is lief vir musiek.

i-love-musicNee, nie soos wat elke 2de persoon op Facebook onder hul interests jou probeer wysmaak dat hul mal is oor musiek nie. Ek is actually LIEF vir musiek. Ek is in ‘n passievolle, romantiese verhouding met Musiek. Soos enige liefdes verhouding is daar ups and downs, geite waarmee mens vrede maak en elemente wat jy daagliks in die liefde van jou lewe (her)ontdek en van voor af verlief op raak.

Nou, as een of ander boelie die breker my meisie sou verkrag, sal ek bereid wees om die res van my lewe in ‘n tronksel te spandeer vir moord. Netso sterk voel ek oor sogenaamde musikante (of soos @phoenixMuso hul noem, musikonte) wat Musiek vat, dit neergooi op die vloer en vir rand en sent en persoonlike ego-boosting haar verniel.

That being said, is ek ook groot genoeg om oopkop te kyk na verskillende genres musiek, asook die besigheids/bemarkings element daar agter. Alle kommersiële musiek is nie kak nie. Inteendeel, een van die grootste leuens wat baie mense glo is dat enige Jan Rap en sy pappa se bankrekening sommer net so ‘n Afrikaanse Sokkie Treffer kan optower wat duisende copies verkoop. Ek het in my omwentelings al diep agter die skerms van Suid Afrika se pop/commercial EN rock scenes gekuier, en een ding kan ek jou van verseker: Net soos regte musikante, moet pop artists ook hul gat afwerk en talent, deursettings vermoë en goeie besigheid skills hê om famous te bly. Let wel, ek sê BLY, want om famous te word vat aansienlik minder skill.

*DISCLAIMER: Dit beteken steeds nie dat ek HOU van die doef doef stuff nie, maar ek glo wel dat mens eer gee waar eer verdien word*

Die gemors waarvoor ek wel my mes inhet is die talentlose, wannabe poppies & tjoppies en die ewe talentlose maar verveelde tannies en toppies wat dink hul kan gou R20 000 uithaal vir ‘n albumpie, en nou gaan hul famous word. Dis hulle wat Musiek vat en dit in ‘n goedkoop hoer in verander wat net daar is om rande uit te kak. Dis hulle wat Afrikaanse Musiek ‘n slegte naam gee. Dis hulle wie se ma’s hul eerder moes gesluk het.

Musiek moet in die eerste plek nie gaan oor fame and fortune nie. Dis 100% passie, en as jy goed genoeg is sal jy ‘n lewe daarvan kan maak. Wie weet, dalk selfs famous word.

Dave Grohl

As jou beste lirieke net kan rym met bokkie, sokkie en rokkie, of jou diepste verhaal gaan oor wat jy by Saterdag se braai/rugby/kuier doen, het ek slegte nuus ir jou: Jy’s ‘n rapist. As jou beste melodie om een of ander rede klink soos iets wat uit ‘n Casio keyboard se presets uitkom, raai wat: Jy’s ‘n rapist. As jy jouself voorhou as ‘n musikant, maar jy het nog nooit eers probeer om self ‘n instrument te leer speel nie, raai wat… Yup, jy weet teen die tyd wat jy is.

Maar waar lê die probleem eintlik?
Eenvoudig:

As jy geld uithaal om die gemors te ondersteun, shows by te woon en CD’s te koop, raai wat: Jy’s die rapist se maatjie wat staan en hande klap. Jy is die rede hoekom hy dit weer sal doen, en jy is net so skuldig soos hy.

cover-fullNou ek is nie Rodney Seale nie, so ek gaan jou nie vra om jou sokkie treffers te verbrand nie. Al wat ek vra is die die volgende:

  • DINK voordat jy koop.
  • Moenie uit een of ander persoonlike emosionele verbintenis ‘n kunstenaar ondersteun nie (As jou meisie nie kan sing nie, kan sy nie sing nie. Maak vrede daarmee.)
  • Expand your horizons, en jy sal verbaas wees hoeveel goeie musiek daar is wat wel ondersteuning verdien.

‘n Baie nice dude van wie se musiek ek nie hou nie (hy doen Afrikaanse club stuff… Sorry Ruan ek’s net eerlik en dis nie my styl nie) het ‘n parody tune geskryf wat ek dink nogals cool is. Dis kinda presies wat aangaan in die Afrikaanse musiek industry. Loer daarna, en laat weet my bietjie hoe jy voel oor als wat ek kwytgeraak het.

*Nog ‘n DISCLAIMER: Ek het ‘n hele aparte rant vir dumbed down commercial pop ens, so moenie my nail op bieber-technicalities ens nie*

Nou, net om jammer te sê vir die kak musiek videos wat jy hier bo gekoekeloer het, hier’s ietsie awesome:

19 Responses to “Sokkie Treffers en Musiek”

  1. thehenkie 24 April 2013 at 17:30 #

    So verskriklik reguit en mooi gese!

    • BaasDeBeer 24 April 2013 at 17:31 #

      Thanx Henkie, dis die enigste manier om dit te sê 🙂

  2. RoKa 24 April 2013 at 18:00 #

    Dis vieslik dat hierdie mense hulle etterkak so op ons internet kom laai. Wyk, bliksems!

    • BaasDeBeer 25 April 2013 at 09:04 #

      Haha, dink net hoe boring sou die internet gewees het as net talented mense shit pgelaai het. Ons sou niemand kon uithaal oor kak posts nie :p

      • RoKa 25 April 2013 at 10:08 #

        I’ll take boring bo-oor sulke kak, any.day.of.the.week!

  3. alleman 25 April 2013 at 03:14 #

    Ag, as enige ou probleempie “rape” genoem kan word is ons seker nog nie ernstig oor geweld teen vroue nie.

    • BaasDeBeer 25 April 2013 at 09:07 #

      1. Nie enige probleempie nie. Enige probleempie is jou tong brand of huis wat afbrand. Ons praat van die verkragtign van Musiek hier.
      2. Ek is nie ernstig oor geweld teen vroue nie. Ek is ernstig TEEN ENIGE VORM VAN GEWELD. Maar jy volg wat ek sê.

      As bonus punt nommer 3 kan ek uitwys dat vanuit ‘n skrifters/digterlike oogpunt is die seksuele beeld een van die sterktste sprekers. Dus, bring dit die punt veel beter oor as ander vorme van vergelyking. amar ek het so ‘n gevole jy stel nie regtig in die dieper redes belang nie en gaan my meer wil aanvat op punt en en 2.

    • RoKa 25 April 2013 at 10:10 #

      Moenie worrie nie Gerrie, as jy regtig hard probeer, sal jy ook die metafoor verstaan. Stay classy hoor!

  4. Kobus van Rooyen 25 April 2013 at 09:17 #

    Dankie Baas!

    Ek reken dat jy een van die belangrikste punte hier op die kop geslaan het. Die verskil tussen kommersiele musiek en SLEGTE musiek.

    Dit is belangrik om die onderskeid tussen die twee te kan waarneem.

    Soos jy regtelik noem, is daar baie mense in die pop/kommersiele mark wat verskriklik hard werk en elke bietjie sukses wat hul toekom verdien.

    Dan is daar natuurlik die wat ons waarnemende organe besoedel met hulle verskonings vir musiek.

    En dit is natuurlik waar opvoeding en kennis die verskil maak.

    Van my vrae is : Waar het ons as afrikaners en afrikaansprekendes begin dink dat van hierdie musiek goed is? Hoeikom dink so ‘n groot deel van die afrikaanse populasie dat hierdie tipe musiek die absolute kulminasie is van liriek en melodie in ons taal?

    Afrikaans en afrikaanse musiek het tog bygedra tot so baie verandering in die SA musiek bedryf en daar is so baie om op trots te wees. Vanaf Koos en Johannes tot en met FPK in die rock mark tot en met die evolusie van techno rock/rap soos Bittereinder kan mens duidelik ‘n progressie sien wat ‘n mens op trots kan wees.

    Maar nou sit ons met mense wat dit onbewustelik, maar tog uit ‘n plek van massiewe ego, ruineer. Hulle dink hulle het die antwoord. En dit is onaanvaarbaar.

    Kultuur en musiek met ontwikkel, nie stagneer nie en dit moet VERAL nie agteruitbeweeg nie.

    Maar ek reken dit is waar mense soos ek en jy inkom. Mense wat in die bedryf is, en bietjie agtergrond kennis het.

    Dit is ons verantwoordelikheid om mense op te lei, en te herinner aan wat was en in te lig oor dit wat is asook dit wat moontlik is. Ons moet nie ophou baklei nie, want dit is wanneer stront begin wen.

    So ek se vir jou baie dankie. Hou so aan!

    • BaasDeBeer 25 April 2013 at 10:05 #

      Baie dankie vir jou input Kobus!
      As ek my vinnige opinie op jou vrae kan probeer gee:
      Suid Afrika is ‘n boilingpot van ‘n kakhuis vol verskillende kulture. Die kulture wt die sterkte gepush word is uiteraard die Amerikaanse en Brits/Europese manie van dinge doen (mainstream media ens). So aar word ‘n sekere beeld van wat cool is vir ons voorgehou. Dus begin mense dit emuleer. Ongelukkig, soos met enige kopie, word die kwaliteit net slegter met elke copy. Verder word bemarkign oor die algemeen (veral in vroeer jare) nie gemik op ‘n niche mark nie, maar op die gemiddelde. So alles word ietwat gedumb-down vir die massas.
      Voeg hierby die invloed wat sensuur en argaiese denkpatrone op die bevordering van kultuur in SA gehad het, asook ‘n verswakkende ekonomie (dus stadiger tegnologiese ontwikkeling tot onlangs toe) en dis heel vertaanbaar dat ons die kat se gat gekry het in die verhaal.

      Gelukkis is daar ‘n generasie wat besig is om wakker te word.

      I don’t really care what type of music you like, maar maak ten minste net seker dis goeies.

  5. between the cracks 25 April 2013 at 13:31 #

    Al wat ek wil sê is dat ek met elke video (behalwe FPK natuurlik!) so bietjies bietjies in my mond gekots het!

    Die hartseer ding is dat die ouens nogsteeds blootstelling kry en wat vir my eintlik erger is, is dat daar ‘n mark is vir die zeffers hier bo! Ek kan nie harder met jou saam stem nie mnr!

    Anyways thanks! Ek dink ek moet weer kots!

    • BaasDeBeer 26 April 2013 at 11:28 #

      Jammer vir die kots, maar dis goed dat jy nog ‘n gag-reflex het wat jou weghou van die gemoers…

  6. Llama 26 April 2013 at 10:22 #

    Hahaha Musikonte daai shit het my dag gemaak, maar goeie werk baas baie goed gestel.

    • BaasDeBeer 26 April 2013 at 11:28 #

      Thanx Llama, waardeer.

      Ek het nie geweet llama’s kan tik nie?

  7. Pieter 18 October 2013 at 08:23 #

    Ek lovit! Dit is so eerlik, en so biiter waar!

Trackbacks/Pingbacks

  1. RufiYOLO ft Jack Parow – Groeipyne (Die video) | BaasDeBeer's Blog - 25 October 2013

    […] Ek scheme die video is awesome. Sommer ‘n lekker stuk prettigheid met RufiYOLO en sy bestie Jack Parow. Het lekker gelag waar hul die CD’s so rondgooi… (Kinda tied in with my post on Afrikaans sokkie treffers) […]

  2. Interessante manier om jou naweek awesome te maak | BaasDeBeer's Blog - 15 November 2013

    […] dit vir die wêreld gee om te kyk, gaan my verstand tebowe. Ek het ‘n tyd terug geskryf oor Sokkie Treffers en Musiek, so gaan loer maar daar na hoe ek voel oor die […]

  3. Introducing Christo "Baas" De Beer - 23 February 2015

    […] As for the worst, I generally don’t believe in dissing bands/artists, but let’s just say these guys definitely feature. […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: