Park Acoustics 3rd Birthday Bash

31 May

Ek was woes opgewonde oor die afgelope naweek se Park Acoustics, so groot was my teleurstelling toe ek gehoor het dat op dieselfde tyd as STRAB val. Uiteraard kon ek nie in Mosambiek en by die Voortrekker Monument gelyktydig wees nie, so toe stuur ek my vriend Kobus om te gaan represent by Park Acoustics se 3de verjaarsdag party. Hier is wat hy te sê gehad het oor die ervaring:

——————————–

IMG_3062Die afgelope naweek se kalender was propvol musikale ondervindings om van te kies.  As jy nie by STRAB was nie kon jy Sowing the Seeds toe gegaan het of Park Acoustics se 3de verjaarsdagpartytjie.  Ek weet van ‘n hele paar avontuurlustige individue wat sommer STS en Park Acoustics gestormloop het.

My finansiele sake lyk maar altyd so skraal soos ‘n Wes-Angola weeskind se heupe aan einde van die maand en daarom was ek baie dankbaar toe Baas vir my noem dat ek namens hom Park Acoustics toe moet gaan en ‘n stukkie daaroor sal skryf, aangesien hy homself in Mosambiek by STRAB bevind…(Lucky bastard)

My redenasie :  Wie is ek om nee te roep op so ‘n geleentheid?

IMG_3314Ek het dus maar in die pad geval en al van ‘n afstand af kon ek waarneem dat dit die potensiaal het om ‘n uitstekende dag te wees.  Die weer was reg, die stages, stalletjies en bars was mooi geplaas en alhoewel die diens soms ‘n bietjie stadig was het ek nooit die indruk gekry dat enige iemand dors of honger gely het nie.

Daar was ook nie vir my ‘n gesukkel om in te kom nie, want ek het die Facebook aanwysings gelees en gebruik gemaak van die agterste hek en daar was omtrent nie ‘n kar in sig nie.

Dus is my eerste stukkie raad: Sluit aan by Park Acoustics se Facebook blad, volg @ParkAcoustics op twitter en lees die goed wat hulle post.  Dis vir jou eie gerief.

As helfte van die mense wat die hoofhek gebruik het die ander hek gebruik het sou niemand gesit en gewag het nie.

Maar die verkeer situasie het ook nie die dag se vooruitsigte belemmer nie en met my Jack & Cola in die hand het ek die vertonings begin dophou.

Van die begin af was ek bitter opgewonde om SA rock legendes, die Springbok Nude Girls te sien en ek het nie geweet of die ander acts op die line up sal kan kers vashou nie.  Maar daai gedagte is vinnig uit my kop geruk.

IMG_2784Die eerste show wat ek gesien het was the Dollfins en alhoewel hulle vir my nie musikaal regtig uitgestaan het nie, was dit ‘n energieke vertoning en het dit die gehoor in die regte vibe gesit vir die res van die shows.  Ek dink die naaste groep wat ‘n mens hulle aan kan vergelyk is The Pretty Reckless.  Dit was vir my amper asof hulle te hard probeer om hardcore te wees.

Mr Cat & the Jackal se country/folk/rock tunes het wel gou gemaak dat ek van die Dollfins vergeet het en ek het hard uitgejam saam met hulle energieke optrede.

Na hulle het die Dune Rats, wat al die pad uit Australia gekom het, die mense vermaak en alhoewel hulle nie vir my van die begin af ‘n soliede musikale identiteit ten toon gestel het nie, het die mense hulle geniet.  Van hulle liedjies het my laat dink dat dit is hoe die Ramones sou geklink het as hulle dinge bietjie rustiger gevat het.

Toe die Rotte klaar is het die manne van Shadowclub die verhoog betree en hulle het min gepraat en musiek gemaak.  Hulle het ‘n goeie mengelmoes van ou, nuwe en bekende tunes gespeel en hulle het van die crowd se oudste bywoners op hulle voete gehad.

IMG_2265En toe was dit die oomblik waarvoor ek gewag het. Die Springbok Nude Girls het die stage hard getref en alhoewel Arno Carstens heeltyd na Park Acoustics verwys het as Aandklas, het hy soos hy maar doen ‘n fantastiese vertoning gegooi en die man op die kitaar, legendariese vervaardiger en meester van snare, Theo Crous, was ook op sy stukke.

Ek was  bly om Vernon Hodgetts op baskitaar te sien,  ‘n uitstekende keuse vir die rol, en die lyne en ritmes uit sy kitaar was so solied soos ‘n weermagbasismuur.

Hulle het hul enchore begin met Blue Eyes en afgesluit met Bubblegum on My Boots.  Dit het natuurlik helfte van die gehoor spoedig nat gemaak, en ek kon sien hoe mense in die nabye bosse in verdwyn om die duiwel se dans te gaan doen.

Tussendeur het ek ook ‘n draai gaan maak by die acoustic stage en vining geloer na Die See, en ek moet sê, Jaco Mans verrig akoestiese wonderwerke in daai groep.  Dit was fantasties.

Ek het ook ‘n klein stukkie van die comedy stage te siene gekry, en Chris Forrest se humor was so droog soos die Sahara en ek kon sien hoe mense miltsteek kry van die lag.

Daar is nie veel meer om te noem nie.  Dankie Park Acoustics.  Aan Neil Groenewald en Henk van der Schyf en hul span, asook Jack Daniels en Blue Array, wil ek net sê, dit was great. Uitleg, klank, reelings. Alles fantasties

Dit was goed beplan en goed uitgevoer.

Met sulke kwaliteit kan ons verseker wees dat Park Acoustics nie sommer sal verdwyn nie.  En dit moet ook nie. Dat sal ‘n skryende skande wees en ‘n moerse terugslag vir musiek en kultuur in PTA.

Dankie julle. Ek sien julle weer volgende maand.  En dan weer elke maand na dit en dan weer by julle 4de verjaarsdagpartytjie.

————

Thanx Kobus! Ons kuier saam by die maand se Park Acoustics!

Vang vir Kobus op twitter waar hy paradeer onder die naam @phoenixMuso.

Massive dankie aan Christelle Duvenage (@StellaTeleur op twitter) vir die fotos hier bo.

2 Responses to “Park Acoustics 3rd Birthday Bash”

  1. Wenchy 18 July 2013 at 15:33 #

    That looks and sounds like loads of fun.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: