Rooiwyn op die plaas – ‘n Eksperimentele skryfstuk

30 Aug

Coffee & Pen‘n Paar dae terug, het ek en vriendin @GingerNinjaJana, koffie gedrink en stuff geskryf.
Sommige mense dink skryf is boring, hier is die bewys dat dit nie is nie. Ons het basies begin met ‘n random titel, en mekaar uitgedaag om sin-vir-sin ‘n kort (mikro?) verhaal aanmekaar te slaan, sonder om te weet in watter rigting die ander een se volgende sin dit gaan neem. Die stuk is spesifiek so sin-vir sin geplaas soos ons dit geskryf het.

Hier’s die eindproduk.

******************

Rooiwyn op die plaas

Die nag neurie sy donker wysie, en André staan stil.
Lize-Marie hang oor die put met haar kop in die water, vir hoe lank al weet hy nie.
“Dis nou ‘n penarie. Die rok was nogal duur.”  dink hy hardop, so asof die maan hom kan hoor.
Hy ruk vir Lize-Marie uit die water.
Sy knip haar oë half deurmekaar en snak na haar asem.
Verlig dat hy nie die graaf by die huis hoef te loop haal nie (dis immers ‘n ent se stap), gaan sit hy langs haar en steek ‘n sigaret aan.
“My donner, Lize” sê hy deur lucky strike wolke, “het jy alweer gaan loop pennies soek daaronder?”
Lize hoes die laaste liter water uit en saam met dit ‘n halfhartige “Jammer, sal nie weer nie”.
“Die begrafplaas so laat in die nag laat mens snaakse goed doen, Lize… Gaan werk liewer by Mc’Donalds, jy sal meer geld verdien as om penies in jou selfmoord pogings te soek.”
Die broederlike instink wat een en twintig jaar terug André se lewe verander het, toe hy die eerste keer sy sussie vasgehou het skop in. “Kom, dis amper tyd. En jy moet nog bad en jou rok droog kry.”
“Ek verstaan nie hoekom jy wil hê dat ek moet mooi lyk as ek die varke kos gee nie, André.” sê sy terwyl sy Tassenberg oor haar ma se trou rok gooi.
“Sus, jy weet dis wat hul wou gehad het” sê hy terwyl hy haar koue hand neem en na die hokke stap. “Hul is fyn genoeg, jy sal nie eers weet dis hulle in die emmers nie” troos hy vir Lize-Marie, en neem ‘n groot sluk uit die bottel.

Plaas in die Nag

******************

Wat dink jy? Sien jy kans om saam met ‘n vriend so iets aan te pak? Moet ons dit weer ‘n go gee?

Onthou, lees my Standard Disclaimer oor my geskrewe werk, dit mag dalk net jou lewe makliker maak :p

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: