Een Aand Alleen – ‘n Windgat rympie wat ‘n punt bewys

2 Sep

Marcia Moon tydens War of the WordsDiegene wat by Oppikoppi was die jaar, sal (teoreties) kan onthou daar was ‘n digterlike aspek aan die jaar se program, genaamd Poetry Sessions, oftewel  “War of The words”.

Basies, 2 spanne bestaande uit 3 digters elk, met ‘n musikant so in die mix gegooi, wat dig vir punte. Die MC kry die gehoor om ‘n woord/topic te kies, waarop die spanne reageer deur een rymelaar te deligeer om ‘n gepaste gedig te gaan optower in die 15 minute wat die musikant neem om so 3 liedjies te sing.
Hier is ‘n video geneem tydens een van die sessies by Oppikoppi 2013.
Daar word gecheer en gelees en gelag en gesing, en dis vetpret.
Natuurlik, wou ek deel word van een van daai spanne.

Ek het my kans gevat, en by die Augustus byeenkoms van die Dowe Digters (sal in die toekoms nog meer oor hul skryf) heel windgat proclaim dat ek op daai betrokke aand my audisie sal doen vir die spanne (aangesien die sameroeper van die spanne, @KarelKopbeen) daar was.
Om dinge vir myself moeiliker te maak (ek sê mos, windgat) toe laat ek die gehoor nie net ‘n woord kies nie, maar ook ‘n emosie/state of being, asook of die gedig in Afrikaans of Engels moet wees.

Die resultaat:
‘n Nostalgiese Afrikaanse gedig oor spare ribs.

Lees gerus, en sê of dink jy @KarelKopbeen het die regte belsuit geneem om my ‘n spot in die spanne te gee…

 

Een Aand Alleen

Dit was daar in Waverley
My maag was leeg
En my gemoed was vol
Ek was nuut
Maar my hart, oud

Die weerklanke van ‘n klappende gedreun
Van generiese verjaarsdagwense
Het verlore geraak
Oorrompel deur die stilte in my gemoed

My mes en vurk
Die sout en peper
Pienk sous en bruin
Nie een was soos ek
Want nie een
Was alleen

En toe was daar jy

Jy met jou blokkies hemp
En awkward voorskoot
Jou pen speels in jou krulhare gebere
En boekie in hand het jy geglimlag
En vir my gesê

‘Welkom by Spur’

Welkom
Skielik was ek
Jou glimlag het my betower
My visioene laat sien van
nie ek nie maar ons
van saam speel en drankies deel
Drome doen en meer

‘Baie dankie, kan ek maar bestel?’

Alles in my moes alles in my keer
Om struikelend oor woorde
Te erken dat ek jou begeer
As ek jou kon bestel
Dan sou ek
As ek jou kon bekostig
Dan het ek

Helaas
Drankie na dop het
Die aand sy wending geneem
En een vir een was die klante
Daarmee heenSpare Ribs Ek wou jou nog vra
Ek moes jou nog sé
Maar…

Maar toe ek opkyk,
was al wat ek van daai aand sou hê
‘n Goeie bedoeling
‘n Beter memory
Van krulhare en smiles en tips
En ‘n tilslip vir my spare ribs

 

********************

Dankie dat jy gelsee het. Soos gewoonlik, verwys ek jou na my Standard Disclaimer, net so vir die wis en die onwis.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: