Wie’t gesê musiek mag nie fun wees nie?

17 Sep

skeletons love musicAlmal is so freaking ernstig.
Oor alles.

Snaaks genoeg raak mense omtrent moordadig morbied juis oor een van die dinge in die lewe wat veronderstel is om jou beter te laat voel: Musiek.

Ja, daar is plek vir meer ernstige musiek, en verseker is daar ‘n groot verskeidenheid genres wat verskillende mense se gemoed opkikker. Dieselfde tunes wat my laat smile, beinvloed nie noodwendig jou gemoedstoestand nie.
Waarop dit neerkom, is dat as jy van iets hou en dit maak jou happy, luister dit. As ek nie daarvan hou nie, kan ek dit maar net ignoreer.

Een van die bands wat baie flack kry van die morbiede musiek mense, is Dans Dans Lisa. Hul tunes is lekker om te luister, nie TE woes ernstig nie en oor die algemeen laat dit mens nogal goed voel ook. Hulle gaan waarskynlik nie opgeneem word in die Rock & Roll Hall of Fame nie, maar so what. Ek like hulle.

Case in point: Die orkes, bestaande uit Deon Meiring (van Glaskas faam) en Bouwer Bosch (Straatligkinders) het vandag hul nuutste musiek video gelaunch. Hul roep hom “Ons Teen die Wêreld”. Dis gevul met over the top corny acting, moonbags en tweelinge. Verder is dit net eenvoudig ‘n lekker tune om te luister/kyk. Ek het gelag, en dit het my dag sommer beter gemaak.

 

Wat dink jy van die video, of my sieninge? Glo jy dat musiek eerder super ernstig moet wees?
Deel jou gedagtes met my, en die post met jou vriende.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: