Skree Alleen – ‘n Rympie uit 2009

4 Oct

In 2009 het ek nog by ‘n skool gewerk. Daar was stakers in die pad met pangas en hulle het nie baie van ons gehou wat meer omgegee het oor die kinders as die staking nie. Ek het een pouse in die personeelkamer gesit en die rympie geskryf. Ek glo dis op baie meer van toepassing as net op daai staking.

Skree Alleen

SKREE ALLEEN 

Skree sonder my
want my keel is seer en my emosies loop hoog
maar duidelik nie naby so hoog soos joune nie
jy word opgeblaas en aangevuur
om op te tree en neer te sien
om op te kyk en af te kraak
en heeldag in die straat te staak

skree sonder my
want jou ideale is anders as myne
of dalk is dit dieselfde
maar ek is anders as jy

skree sonder my
want ek kry myself nie so ver om saam te skree nie
ten minste nie in die publiek nie
of soos jy, ‘n jongman met ‘n kierie nie
as jy rondhop soos ‘n brullende leeu
deur tye van onbaatsugtige selfsug
in die vrye verwarring van ‘n vryer volk

skree sonder my
want jy is anders as ek
of dalk skree ek net op ‘n ander manier
ek skree dalk op ‘n ander plek

so, miskien skree ons saam
‘n desperate uitroep van opgekropte emosie
jy met danse en gille en posters, soms bloed
ek om braaivleis en vure, of by vriende op facebook
skree onrustig, skree gerus voort
skree blou maandag
skree blou moord

Saam skree ons alleen

————
(c) cdb2009

Saam skree ons alleen

 

Wat dink jy? Drop gerus ‘n comment as jy wil…
As usual, verwys ek jou na my standard disclaimer voor jy op hol raak met iets😉

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: