5 van my Top 10 Old School Rustige Afrikaanse songs

9 Nov

Koos_Kombuis_Elke_Boemelaar_se_DroomWat hier volg, is 5 van my eie, persoonlike gunsteling rustige Afrikaanse songs.
Dis deel van ‘n top 10. Kan jy raai wat die ander 5 is?
Laat weet my hier onder, en as jy reg is, wen jy ‘n hi5…

  • Koos Kombuis – Lisa se Klavier
    Ja, dis sekerlik een van die mees holrug geryde cover-favourites in die geskiedenis van Afrikaanse musiek. Maar ek gee nie ‘n fok om nie. Dis ‘n awesome song met soveel memories aan gekoppel. Besides, as Oom Koos nie op die lys was nie, was my opinie niks werd nie. Obviously. Van Koos se ander songs, soos bv Onder In My Whiskey Glas, sou die cut maak, maar ek probeer nie meer  as een song per artist op te sit nie.

 

  • Johannes Kerkorrel – Hillbrow
    Hierdie song was jare voor sy tyd. dis ‘n eye-opener, ‘n tranetrekker en verdien verseker sy plyk op die lysie.

 

  • Koos du Plessis – Sprokie vir ‘n Stadskind
    In alle eerlikheid, sou ek eerder Gebed wou opsit, maar aangesien Koos hom nooit self opgeneem het nie, is Sprokie my verkose wenner.

 

  • Richard van der Westhuizen & Lochner de Kock – Tussen Treine
    Ek glo dat Richard van der Westhuizen een van Suid Afrika se mees noemenswaardige talente is. Van liedjieskrywer en akteur tot kinder-tv voice-over artist… die man is alles. En hy is goed daarmee. Ek het paar jaar gelede die voorreg gehad om saam met hom op te tree, en dit was ‘n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie.

 

  • David Kramer – Skipskop
    Hierdie song som ‘n era, ‘n generasie, ‘n gemeenskap en eintlik ‘n hele kultuur op. Mens kan amper nie glo dat dit uit die pen van die persoon verantwoordelik vir songs soos “Meisiekind Sonner Haar Sokkies” en die lekker saamsing “Hier sit die manne in die Royal Hotel” uitkom nie. Maar Mr Kramer is diep, en gesëen met die talent om ‘n samelewing te kan verwoord.

 

Nou daar het jy dit. Wat dink jy van die 5?
Wat sal jy wil bysit om die res van my Top 10 vol te maak?
Sharing is caring, so deel gerus die post met jou vriende.

Koos Du Plessis

 

 

5 Responses to “5 van my Top 10 Old School Rustige Afrikaanse songs”

  1. Linda 9 November 2013 at 13:59 #

    Ek sou Koos se “bicycle sonder ‘n slot” daar wou ingooi en ook die oorspronklike “voshaarnooi”.

    • BaasDeBeer 9 November 2013 at 14:31 #

      Ek het juis na Voshaarnooi geloer, en ek LOVE Bicycle Sonder ‘n Slot

  2. runningwolfsa 9 November 2013 at 14:02 #

    ‘n Brief vir Simone – Anton Gooden, Laurika Rauch – Blou, Lucas Maree – Victoria Baai, Valiant Swart – Sweet Smelling Ganja, Richard van der Westhuizen – Ballade vir ‘n Enkeling

    • BaasDeBeer 9 November 2013 at 14:30 #

      Awesome lysie… Net een ding: Blou is ‘n André Swiegers song 😉

      • HarigeHendrik 9 November 2013 at 15:18 #

        Blou is dalk deur Andre geskryf, maar Laurika kan hom darem maar doen soos min ander mense. (Prince het “Manic Monday” geskryf, maar dit word tog ‘n Bangles-tune ook genoem – selfde met Red Red Wine (Neil Diamond/UB40, etc).
        So in daardie trant, 4 van my persoonlike beste old school Afrikaanse covers)
        Johannes Kerkorrel “Dawid Ryk” (Ge-trans-for-meer 1997 – Geskryf deur Dawid Kramer)
        Johannes Kerkorrel “Onder in my Whiskey glad” (Selfde album – Koos Kombuis)
        Piet Botha “In Die Transvaal” (Suitvase vol Winter – 1997, oorsp. Valiant Swart)
        KOBUS! “O Boereplaas” (100% Skuldgevoelvry – 2004, tradisioneel)

        Lekker lysie (joune, natuurlik, BdB)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: