Tag Archives: Gedig

In Jou (‘n Ou gedig)

21 Jul

Hoe is die vir ‘n #ThrowbackThursday? Oftewel, #DonnerterugDonderdag…
Ek het die gedig ontdek wat ek in Augustus 2009 geskryf het. Ek dink dis een van my persoonlike favourites, en na al die jare bly hy steeds relevant…

fountain-pen-on-paper-header

IN JOU

In jou lê eenvoud
In jou lê krag
In jou lê so baie
waarna ek smag

In jou is wysheid
In jou is eer
In jou is alles
wat ek nog moet leer

In jou vind ek vrede
In jou, geluk
Tog in jou hede
wil ek verstik

Want jy is die ek
wat ek more kan wees
Tog is more se ek
die een wat ek vrees…


Nou ja, there you have it. Ek verwys jou ook graag na my Standard Disclaimer voor jy weird goed vra of so…

Comments welcome, sharing encouraged, tequila appreciated.

 

kilometer – ‘n rympie van lank terug

12 Sep

Hehe, emo much? Nog ‘n gedig van ‘n paar jaar terug. Geskryf, as most of these go, vir (as gevolg van?) ‘n girl.

———————

KILOMETER

My_Heart__s_In_A_Noose__by_xKeepYourSoulxkilometer
teer verwyt
wat het jou
dit laat besluit

kilometer
galgtou streep
my laaste asem
jou nie vergeet

kilometer
Kilomonster
kul my hier en
kul jou daar (…ver)

kilometer
uitgerek
kilometer
jy maak my gek

———————

Thanx dat jy gelees het, as usual onthou my Standard Disclaimer 😉

Die pad vol mis – ‘n Rympie uit 2007

5 Sep

En ek mis jou meer
Soos die telefoonpale minute neem na ure.
En ek mis jou meer met elke afdraaipad,
elke niksseggende naambord wat verdwyn
En ek mis jou meer met elke nag-vlieg wat homself verenig met my voorruit.
Die goed vee moeilik weg – memories, nie goggas nie.
Ok, goggas ook.
Maar ek mis jou steeds meer en meerder
en meter vir meter kronkel my gedagtes
…..deur bergpasse van wat was en kon wees en
Ek mis jou meer met elke druppel reen wat verstrooid om my en op my val.

Ek mis jou, maar ek glimlag stil want ek weet…

‘n Highway is nie ‘n eenrigting pad nie
Image

Onthou, my Standard Disclaimer is daar om jou lewe te red…
Dankie dat jy my rympie gelees het 🙂

%d bloggers like this: