Tag Archives: Kak

Sokkie Treffers en Musiek

24 Apr

Ek is lief vir musiek.

i-love-musicNee, nie soos wat elke 2de persoon op Facebook onder hul interests jou probeer wysmaak dat hul mal is oor musiek nie. Ek is actually LIEF vir musiek. Ek is in ‘n passievolle, romantiese verhouding met Musiek. Soos enige liefdes verhouding is daar ups and downs, geite waarmee mens vrede maak en elemente wat jy daagliks in die liefde van jou lewe (her)ontdek en van voor af verlief op raak.

Nou, as een of ander boelie die breker my meisie sou verkrag, sal ek bereid wees om die res van my lewe in ‘n tronksel te spandeer vir moord. Netso sterk voel ek oor sogenaamde musikante (of soos @phoenixMuso hul noem, musikonte) wat Musiek vat, dit neergooi op die vloer en vir rand en sent en persoonlike ego-boosting haar verniel.

That being said, is ek ook groot genoeg om oopkop te kyk na verskillende genres musiek, asook die besigheids/bemarkings element daar agter. Alle kommersiële musiek is nie kak nie. Inteendeel, een van die grootste leuens wat baie mense glo is dat enige Jan Rap en sy pappa se bankrekening sommer net so ‘n Afrikaanse Sokkie Treffer kan optower wat duisende copies verkoop. Ek het in my omwentelings al diep agter die skerms van Suid Afrika se pop/commercial EN rock scenes gekuier, en een ding kan ek jou van verseker: Net soos regte musikante, moet pop artists ook hul gat afwerk en talent, deursettings vermoë en goeie besigheid skills hê om famous te bly. Let wel, ek sê BLY, want om famous te word vat aansienlik minder skill.

*DISCLAIMER: Dit beteken steeds nie dat ek HOU van die doef doef stuff nie, maar ek glo wel dat mens eer gee waar eer verdien word*

Die gemors waarvoor ek wel my mes inhet is die talentlose, wannabe poppies & tjoppies en die ewe talentlose maar verveelde tannies en toppies wat dink hul kan gou R20 000 uithaal vir ‘n albumpie, en nou gaan hul famous word. Dis hulle wat Musiek vat en dit in ‘n goedkoop hoer in verander wat net daar is om rande uit te kak. Dis hulle wat Afrikaanse Musiek ‘n slegte naam gee. Dis hulle wie se ma’s hul eerder moes gesluk het.

Musiek moet in die eerste plek nie gaan oor fame and fortune nie. Dis 100% passie, en as jy goed genoeg is sal jy ‘n lewe daarvan kan maak. Wie weet, dalk selfs famous word.

Dave Grohl

As jou beste lirieke net kan rym met bokkie, sokkie en rokkie, of jou diepste verhaal gaan oor wat jy by Saterdag se braai/rugby/kuier doen, het ek slegte nuus ir jou: Jy’s ‘n rapist. As jou beste melodie om een of ander rede klink soos iets wat uit ‘n Casio keyboard se presets uitkom, raai wat: Jy’s ‘n rapist. As jy jouself voorhou as ‘n musikant, maar jy het nog nooit eers probeer om self ‘n instrument te leer speel nie, raai wat… Yup, jy weet teen die tyd wat jy is.

Maar waar lê die probleem eintlik?
Eenvoudig:

As jy geld uithaal om die gemors te ondersteun, shows by te woon en CD’s te koop, raai wat: Jy’s die rapist se maatjie wat staan en hande klap. Jy is die rede hoekom hy dit weer sal doen, en jy is net so skuldig soos hy.

cover-fullNou ek is nie Rodney Seale nie, so ek gaan jou nie vra om jou sokkie treffers te verbrand nie. Al wat ek vra is die die volgende:

  • DINK voordat jy koop.
  • Moenie uit een of ander persoonlike emosionele verbintenis ‘n kunstenaar ondersteun nie (As jou meisie nie kan sing nie, kan sy nie sing nie. Maak vrede daarmee.)
  • Expand your horizons, en jy sal verbaas wees hoeveel goeie musiek daar is wat wel ondersteuning verdien.

‘n Baie nice dude van wie se musiek ek nie hou nie (hy doen Afrikaanse club stuff… Sorry Ruan ek’s net eerlik en dis nie my styl nie) het ‘n parody tune geskryf wat ek dink nogals cool is. Dis kinda presies wat aangaan in die Afrikaanse musiek industry. Loer daarna, en laat weet my bietjie hoe jy voel oor als wat ek kwytgeraak het.

*Nog ‘n DISCLAIMER: Ek het ‘n hele aparte rant vir dumbed down commercial pop ens, so moenie my nail op bieber-technicalities ens nie*

Nou, net om jammer te sê vir die kak musiek videos wat jy hier bo gekoekeloer het, hier’s ietsie awesome:

Advertisements
%d bloggers like this: