Tag Archives: Musiek

Van Coke Kartel tot die redding!

22 Dec

Van Coke Kartel - Diaz SummerfestEk spandeer die Desember in Hartenbos.

Daar is baie sokkie musiek. No jokes, mense lusiter dit nie net wanneer hul wil gaan dans of kuier nie. Hul speel dit in hul karre, karravane en chalets. Aspris.

Needless to say, het ek so bietjie ‘n break daarvan nodig gehad na amper 2 weke hier.
Dis nou waar Van Coke Kartel ingekom het.

Vrydag 20 Desember het hul ‘n “acoustic” gig gejam by die hotel in Diaz as deel van die Diaz Summerfest.
Daar aangekom, was die atmosfeer eintlik heel anders as voor ander Van Coke gigs. Mense was ietwat meer chilled, die normale skinny jeans en swart T’s was ingeruil vir vissie plakkies en boardshorts. En wife beaters. Baie wife beaters.

Die opkoms was nie briljant nie. Ek skat seker so 150 mense in die saal wat 450 kon vat. Daar’s ‘n hele paar redes waaraan ek kan dink hoekom dit so was. Hoofsaaklik scheme ek dis omdat 99% van die ander entertainment in die omgewing DJ’s of sokkie artists is, en mense seker nie so iets awesome verwag nie.
Ek verkies egter om dit nie “swak attendance” te noem nie, maar eerder ‘n woes intieme gig met een van die beste bands wat ons land al ooit gesien het.

Van Coke Kartel - Diaz Summerfest

Indien jy relatief oplettend is, sou jy sien ek het vroëer gepraat van ‘n “acoustic” gig. Enigiemad wat al by ‘n Van Coke Kartel Acoustic gig was, sal weet hoekom: Hul rock steeds harder uit as meeste ander bands, al het Francois sy electric ingeruil vir ‘n acoustic. Hul het deur hul songs, oud en nuut, gesweef met die gemak van goed geoefende gimnaste, wat toertjies doen op die maat van hul eie beat.

Die musiek het my siel gereinig van die doef-doef skade van die afgelope 11 dae. Die band het geensins teruggehou omdat dit ‘n kleiner crowd was nie… en DIS hoekom hul nie net ‘n fly by night success is nie.

Frannie, Wynand, Jedd & Jason, dankie vir die musikale redding van my Desember.
And Jason, thanx for those shots, that shit was good.

Van Coke Kartel - Diaz Summerfest

Watse musiek hou jou aan die gang deur ‘n vakansie? Laat my weet en jy kan ‘n hi 5 wen volgende keer wat jy my sien…

Interessante manier om jou naweek awesome te maak

15 Nov

Aha MomentOm die waarheid te sê, jy kan hierdie post weer en weer besoek, en elke keer sal dit die res van jou dag beter maak.

Sien, ek wil graag twee music videos met jou deel. Nadat jy hulle gekyk het, kan niks, maar NIKS wat gebeur enigsens erger wees nie.
Jy kan byvoorbeeld hoor dat jy gefire word by jou werk omdat jou baas jou vrou spyker… en jou eerste gedagte sal wees “Hey, dit kon erger… Ek kon weer daai videos moes kyk”. Jy kan in Eastgate rondstap en in ‘n random handgranaat vasdraf, en beide van jou oë en ore verloor… en jy sal onmiddelik dink “ten minste hoef ek nou nooit weer daai musiek videos te sien/hoor nie”.
Sien? Die resep tot oneindige gelukkige dae!

I have a cunning plan

Ek maak nou fun van ‘n ernstige saak… maar hoe anders moet mens die orgies van gemorsies hanteer as om maar net daarvoor te probeer lag? Hoe hierdie mense songs/videos soos die maak, en met trots dit vir die wêreld gee om te kyk, gaan my verstand tebowe. Ek het ‘n tyd terug geskryf oor Sokkie Treffers en Musiek, so gaan loer maar daar na hoe ek voel oor die naarheid.

Maar sonder enige verdere kakpraat, hier is die videos. Kyk dit, en gaan geniet ‘n AWESOME naweek verder 🙂

Deel die gerus met jou vriende (of vyande, ek’s nie kieskeurig nie)

5 van my Top 10 Old School Rustige Afrikaanse songs

9 Nov

Koos_Kombuis_Elke_Boemelaar_se_DroomWat hier volg, is 5 van my eie, persoonlike gunsteling rustige Afrikaanse songs.
Dis deel van ‘n top 10. Kan jy raai wat die ander 5 is?
Laat weet my hier onder, en as jy reg is, wen jy ‘n hi5…

  • Koos Kombuis – Lisa se Klavier
    Ja, dis sekerlik een van die mees holrug geryde cover-favourites in die geskiedenis van Afrikaanse musiek. Maar ek gee nie ‘n fok om nie. Dis ‘n awesome song met soveel memories aan gekoppel. Besides, as Oom Koos nie op die lys was nie, was my opinie niks werd nie. Obviously. Van Koos se ander songs, soos bv Onder In My Whiskey Glas, sou die cut maak, maar ek probeer nie meer  as een song per artist op te sit nie.

 

  • Johannes Kerkorrel – Hillbrow
    Hierdie song was jare voor sy tyd. dis ‘n eye-opener, ‘n tranetrekker en verdien verseker sy plyk op die lysie.

 

  • Koos du Plessis – Sprokie vir ‘n Stadskind
    In alle eerlikheid, sou ek eerder Gebed wou opsit, maar aangesien Koos hom nooit self opgeneem het nie, is Sprokie my verkose wenner.

 

  • Richard van der Westhuizen & Lochner de Kock – Tussen Treine
    Ek glo dat Richard van der Westhuizen een van Suid Afrika se mees noemenswaardige talente is. Van liedjieskrywer en akteur tot kinder-tv voice-over artist… die man is alles. En hy is goed daarmee. Ek het paar jaar gelede die voorreg gehad om saam met hom op te tree, en dit was ‘n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie.

 

  • David Kramer – Skipskop
    Hierdie song som ‘n era, ‘n generasie, ‘n gemeenskap en eintlik ‘n hele kultuur op. Mens kan amper nie glo dat dit uit die pen van die persoon verantwoordelik vir songs soos “Meisiekind Sonner Haar Sokkies” en die lekker saamsing “Hier sit die manne in die Royal Hotel” uitkom nie. Maar Mr Kramer is diep, en gesëen met die talent om ‘n samelewing te kan verwoord.

 

Nou daar het jy dit. Wat dink jy van die 5?
Wat sal jy wil bysit om die res van my Top 10 vol te maak?
Sharing is caring, so deel gerus die post met jou vriende.

Koos Du Plessis

 

 

%d bloggers like this: