Van Coke Kartel – Here Man

9 Dec

Daar is ‘n nuwe Van Coke Kartel music video uit, en hy is lekker.

Van Coke Kartel - Here ManDie song self is catchy, met ‘n polsende antemiese gevoel (ja, dis die beste vertaling wat ek kon pleeg vir thumping anthemic vibe). Die video herinner tot ‘n mate aan jarre terug se HiKaToRi animations (almal saam: MELK… MAN! Sêmywaarheenjywilgaan MELK MAN!) maar in ‘n sterk ander styl gedoen. Meer as net funky prentjies, vertel die video ‘n storie, en dis iets wat in baie van die music videos wat deesdae uitkom, erg mis.

Jy mag dalk ‘n streak in die animation sien wat bekend lyk, veral as jy Jack Parow se onlangse video vir Fok Fokkity Fok gesien het. Dis waarskynlik omdat die super talented Keegan Thornhill op beide projekte gewerk het.

Wel, ek love dit. Wat dink jy van die video?

As bonus, hier is Jack Parow se nuutse sommer ook:


Drop ‘n comment, en deel sommer die storie met jou maatjies terwyl jy hier is. Hulle sal jou meer like, en dus meer shots vir jou koop as jul uitgaan.

2 Responses to “Van Coke Kartel – Here Man”

  1. Net Ek 9 December 2014 at 10:33 #

    Ja man LEKKER!!!!!!!

    (Ek is in die geheim getroud met Francois Van Coke. Sjuut nê!)

    😆

Leave a comment