Die rympie is waarskynlik nie vir sensitiewe, judgemental of narrow-minded mense nie.
Lees gerus, lewer kommentaar en onthou my standard disclaimer.
Kalvein
Kalvein kalvein jy’t my goed getrain
Om op die ritme van jou mars te wals
Gedwonge rym oral in te pas
Kalvein jou seepglad skuurpapier
Oranja blou en blanje grou
Teneergedrukte tiener kultuur
Kalvein kalvein
Jou patriargale gees
Jou wet word woord
Jou woord die wet
En orals word van jou gelees
Kalvein jou kleinlike donnerse grap
Jou idiologiee krap my gat
Ek sê poes want ek kan
Fok want ek wil
Want in jou skadu staan mense stil
Ek’s in die son
Die lig ontblind my
Ek stamp my kop
Maar dis my eie wil
Vryheid roep en ek antwoord ja
Want vryheid gee sonder om te kla
Kalvein kalvein
Jou eenoog monster
Hoe lank voor jy
(c) Baas de Beer – 2014
Vir jare al glo ek nie meer in die kerk soos ons grootgemaak is om te doen nie. Kerke maak geloof in God dood.
Kerk en landsleiers het iets mooi, iets bevrydend geneem en dit in ‘n wettiese najaag van menslike idiologiëe verander. Landswette en kultuur normes gebasseer op die verwronge beeld van goed, sleg en God, is die hammer wat die kis se spykers inkap.
Let wel, net omdat ek nie meer kon deal met manipulatiewe self-dienaars nie, beteken nie dat ek nie meer glo in die waarheid van God nie. God is liefde, en meeste mense mis die punt. Dis egter ‘n gesprek vir ‘n aander dag.
In iedergeval, hier is ‘n rympie wat vir ‘n verandering regtig iets vir my beteken.
Ja, ek is bewus daarvan dat Afrikaanse mense eintlik dit Calvyn spel. Kalvein in die rympie verteenwoordig nie een spesifieke mens nie, maar menige kerkvaders en dies meer. Plus ek gee nie om oor ou Kallie nie, so ek spel sy naam soos ek wil. Ek is ook bewus daarvan dat die bra wel ‘n paar waar dinge kwytgeraak het, maar sit gou jou digterlike vryheid hoedjie op, en lees weer die rympie. Alles maak sin, belowe…
Tags: Afrikaans, Calvyn, Christenskap, Digkuns, God, Kerk, Keuses, Liefde, Suid Afrika, Volk, Vryheid, Wet