Tag Archives: Digkuns

In Jou (‘n Ou gedig)

21 Jul

Hoe is die vir ‘n #ThrowbackThursday? Oftewel, #DonnerterugDonderdag…
Ek het die gedig ontdek wat ek in Augustus 2009 geskryf het. Ek dink dis een van my persoonlike favourites, en na al die jare bly hy steeds relevant…

fountain-pen-on-paper-header

IN JOU

In jou lê eenvoud
In jou lê krag
In jou lê so baie
waarna ek smag

In jou is wysheid
In jou is eer
In jou is alles
wat ek nog moet leer

In jou vind ek vrede
In jou, geluk
Tog in jou hede
wil ek verstik

Want jy is die ek
wat ek more kan wees
Tog is more se ek
die een wat ek vrees…


Nou ja, there you have it. Ek verwys jou ook graag na my Standard Disclaimer voor jy weird goed vra of so…

Comments welcome, sharing encouraged, tequila appreciated.

 

Kalvein

10 Nov
john calvinDie rympie is waarskynlik nie vir sensitiewe, judgemental of narrow-minded mense nie.
Lees gerus, lewer kommentaar en onthou my standard disclaimer.

Kalvein
Kalvein kalvein jy’t my goed getrain
Om op die ritme van jou mars te wals
Gedwonge rym oral in te pas
 
Kalvein jou seepglad skuurpapier
Oranja blou en blanje grou
Teneergedrukte tiener kultuur
 
Kalvein kalvein
Jou patriargale gees
Jou wet word woord
Jou woord die wet
En orals word van jou gelees
 
Kalvein jou kleinlike donnerse grap
Jou idiologiee krap my gat
Ek sê poes want ek kan
Fok want ek wil
Want in jou skadu staan mense stil
 
Ek’s in die son
Die lig ontblind my
Ek stamp my kop
Maar dis my eie wil
Vryheid roep en ek antwoord ja
Want vryheid gee sonder om te kla
 
Kalvein kalvein
Jou eenoog monster
Hoe lank voor jy
Verdwyn in die donker

(c) Baas de Beer – 2014

SkaapmentaliteitVir jare al glo ek nie meer in die kerk soos ons grootgemaak is om te doen nie. Kerke maak geloof in God dood.
Kerk en landsleiers het iets mooi, iets bevrydend geneem en dit in ‘n wettiese najaag van menslike idiologiëe verander. Landswette en kultuur normes gebasseer op die verwronge beeld van goed, sleg en God, is die hammer wat die kis se spykers inkap.
Let wel, net omdat ek nie meer kon deal met manipulatiewe self-dienaars nie, beteken nie dat ek nie meer glo in die waarheid van God nie. God is liefde, en meeste mense mis die punt. Dis egter ‘n gesprek vir ‘n aander dag.
In iedergeval, hier is ‘n rympie wat vir ‘n verandering regtig iets vir my beteken. 

Ja, ek is bewus daarvan dat Afrikaanse mense eintlik dit Calvyn spel. Kalvein in die rympie verteenwoordig nie een spesifieke mens nie, maar menige kerkvaders en dies meer. Plus ek gee nie om oor ou Kallie nie, so ek spel sy naam soos ek wil. Ek is ook bewus daarvan dat die bra wel ‘n paar waar dinge kwytgeraak het, maar sit gou jou digterlike vryheid hoedjie op, en lees weer die rympie. Alles maak sin, belowe…


Die Silver Lining – ‘n Gedig

15 Aug

Daar is baie kak in die wêreld. Soms deal ek daarmee deur iets te skryf.

Hierdie was een van daai tye. Die dinge in die nuus en mense se houdings daaroor het net een te veel geword.
Ek’t die rympie opgesê by die opening van laasmaand se Dowe Digters. Dis anders, ‘n ander styl, as wat ek al ooit gedoen het.
Lees gerus, laat weet wat jy dink, en soos gewoonlik: Onthou my standard disclaimer.

Cloud with Silver Lining

Die Silver Lining

Ek is nie een vir negatiewe rympies nie
So kom ons begin waar ek sou klaarmaak
Daar is altyd
‘n silver
lining

 

Dis waar
It never rains but it pours
In fact dit reen katte en honne
En sekuriteitswagte en lektore
Ten minste kan ons seker wees van Rus
Land se manier om rus te verstoor
En met ‘n moerse sla(a)g
Van verligting sit jy ten  minste in jou binneshuise verhitting
En verwonder jouself aan die vermetelheid
van die straat
naam veranderings
O ja, seker straatkinners ook

Jy het ‘n stem, net jammer jy sing hom
Jy het probeer… MET jou beste geweer
Jy glo in jou eie verkose god…deloosheid
Jy create jou eie roetines om teen roetine te rebeleer

Ons word almal meegesleur
net soos ‘n kind in ‘n hijacking
En dit maak seer
as jy aan al die drama dink
Maar seer sekerlik nie so seer soos vir daai kind nie

It never rains but it pours
Maar loer na die silver lining
Ten minste het ons nog
Suiwer Afrikaans.

——————

@BaasDeBeer, 2014